Binnelandse sake stel uitgebreide werkgewerskema bekend

Lees ook :

Foto: Departement van Binnelandse Sake

Die departement van binnelandse sake het die tweede fase van sy skema vir vertroude werkgewers (Trusted Employer Scheme – TES) van stapel gestuur, om dit vir gekwalifiseerde maatskappye makliker te maak om buitelandse werknemers met skaars vaardighede aan te stel.

Carli van Wyk, ministeriële woordvoerder, sê die uitgebreide skema is daarop gemik om administratiewe struikelblokke te verminder, beleggings te lok en ekonomiese groei en werkskepping te bevorder. Die tweede fase sluit ook ondernemings in wat by strategiese infrastruktuurprojekte betrokke is, maatskappye wat hul streek- of internasionale hoofkantore in Suid-Afrika wil vestig, asook sekere ondernemings in die finansiële sektor.

Volgens die departement sal die aansoekproses voortaan digitaal geskied en later deel vorm van die elektroniese reismagtigingsplatform (ETA). Werkgewers wat aan die vereistes voldoen, sal buitelandse werknemers met kritieke vaardighede vinniger kan werf. Om vir die skema te kwalifiseer, moet ondernemings onder meer bewys dat hulle in Suid-Afrika belê, hoofsaaklik Suid-Afrikaners of permanente inwoners in diens het, in vaardigheidsontwikkeling belê en in sleutelbedrywe werksaam is.

Dr. Leon Schreiber, die minister van binnelandse sake, sê die uitbreiding van die skema is deel van die departement se digitaliseringsplan en sal help om Suid-Afrika aantrekliker vir beleggers te maak en werksgeleenthede te skep. Aansoeke vir die tweede fase open op 20 Julie en sluit op 4 September 2026.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief