ITALIë. – Lindsey Vonn (41), blink Amerikaanse ster in die wêreld van topskiërs, het Sondag haar been gebreek in ‘n ski-ongeluk terwyl sy aan die Winter Olimpiese Spele deelgeneem het, nadat sy vir ses jaar uit die sport getree het. Sy het onlangs die voorste kruisligamente van haar linkerknie geskeur en besluit om ondanks hierdie besering, en ‘n heropgeboude regterknie, aan die afdraand-nommer deel te neem in ‘n poging om nog ‘n goue medalje in te palm.
Sy is op die toneel behandel voor sy per helikopter na die Ca’Foncello- hospitaal gevlieg is waar sy twee operasies ondergaan het.
Hierdie ongeluk sal waarskynlik die einde van haar lang loopbaan beteken. Sy het reeds aan vier Spele deelgeneem.
Bronne: AP News, Yahoo





