Blitsige SA-aflosspan sal aan Olimpiese Spele deelneem

Lees ook :

SA-aflosspan sal aan Olimpiese Spele deelneem
SA-aflosspan sal aan Olimpiese Spele deelneem fotokrediet: Canva

Lees ook: Tiener (16) in hegtenis wat sê hy wil as martelaar by Olimpiese Spele doodgaan

BAHAMAS. – Wayde van Niekerk, Zakithi Nene, Lythe Pillay en Gardeo Isaacs het seker gemaak dat Suid-Afrika gaan deelneem aan die 4×400 m-afloswedren vir mans by die Olimpiese Spele.

Hulle was die tweede vinnigste span in die Bahamas by die opening van die Wêreldatletiek-aflostoernooi en het ‘n silwermedalje verower.

Die wenners van die dag was die Botswana-span – Letsile Tebogo, Leungo Scotch, Isaac Makwala en Bayapo Ndori.

Suid-Afrika se 4×100 m-span en gemengde 4×400 m-span was derde in hulle onderskeie wedrenne. Hulle gaan vandag deelneem om uit te vind of hulle ‘n plek by die Olimpiese Spele kan loshardloop.

Bronne: IOL, The Citizen, The Africa

Lees ook: Olimpiese ringe sal op Eiffel-toring vertoon word vir Parys-spele

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief