Brekende Nuus
Afrikaans

Tiener (16) in hegtenis wat sê hy wil as martelaar by Olimpiese Spele doodgaan

Tiener (16) in hegtenis wat sê hy wil as martelaar doodgaan by Olimpiese Spele

fotokrediet: Canva
Tiener (16) in hegtenis wat sê hy wil as martelaar doodgaan by Olimpiese Spele fotokrediet: Canva

Lees ook: Olimpiese fakkel aangesteek in Olimpië

PARYS, FRANKRYK. – Anti-terrorisme-owerhede in Frankryk het ’n tiener (16) in hegtenis geneem wat op sosiale media gesê het hy wil as ’n martelaar by die Olimpiese Spele doodgaan.

Die anti-terrorisme -woordvoerder het gesê hy is in hegtenis geneem na hy gesê het hy gaan ’n plofstofbelt maak om as ’n martelaar dood te gaan.

Daar is ’n ondersoek aan die gang om uit te vind of hy regtig ’n terroristeaanval sou uitvoer.

Frankryk het 45 ander lande gevra om ekstra weermag-, polisie- en ander personeel te stuur om seker te maak die Olimpiese Spele is veilig.

Bronne; The Jerusalem Post, Reuters, Sky News

Lees ook: Olimpiese fakkel aangesteek in Olimpië