Lees ook: Boeing-fluitjieblaser dood gevind kort na getuienis
VSA. – Die Boeing-hoof, Dave Calhoun, het bedank en sal die maatskappy teen die einde van die jaar verlaat. Boeing se voorsitter, asook die hoof van die kommersiële vliegtuigeenheid, verlaat ook die maatskappy.
Die maatskappy ervaar nou al vir meer as vyf jaar probleme met hulle vliegtuie, wat twee vliegtuigongelukke met 737 Max-vliegtuie, waarin 346 mense dood is, insluit. Daar was ook die insident met die deur wat oopgeblaas het op die Alaska Airlines 737 Max 9. Ses 737-vliegtuie moes onlangs in een week noodlandings maak.
Alle oë is ook op Boeing na ’n fluitjieblaser dood in sy trok gevind is na hy in ’n naamskendingsaak teen Boeing getuig het.
Bronne: CNN, NBC News, Mail Online
Lees ook: Boeing-fluitjieblaser dood gevind kort na getuienis





