Brekende Nuus
Afrikaans

Boer Soek ’n Vrou se Petré en Marinel verloof

Die paartjie kuier sedert Julie vanjaar oor en weer.

Boer Petré en Marinel van Boer Soek 'n Vrou is verloof    Foto: Facebook
Boer Petré en Marinel van Boer Soek 'n Vrou is verloof Foto: Facebook

Petré Vermeulen van Boer Soek ’n Vrou se seisoen 14 en Marinel Lourens van seisoen 13 het hulle verlowing in Ballito aangekondig.

Marciel Hopkins, aanbieder van die program, sê dit is vir haar mooi om te sien hoe die program se platform die vermoë het om steeds die liefde te laat blom, al het kykers dit nie op televisie gesien nie.

“Alhoewel Marinel eers by ’n ander boer gekuier het, het sy nou haar vir-altyd boer in Petré gevind,” het sy bygevoeg.

Die paartjie kuier sedert Julie vanjaar oor en weer nadat Petré ’n hondjie uit Marinel se worshondwerpsel gekoop het.

Bron: Facebook