Die 13de seisoen van Boer soek ’n Vrou se PF en Chantelle Theron het nuus gekry dat hulle ’n dogtertjie verwag.
Marciel Hopkins, aanbieder van die program, het die nuus op haar Facebook-blad gedeel. “Baie geluk met die dogtertjienuus PF en Chantelle – julle gaan fantastiese ouers wees en ek kan nie wag om haar te ontmoet nie,” skryf sy.
Die paartjie het in September 2021 verloof geraak en in Maart 2022 getrou.
Bron: Marciel Hopkins Facebook, The Citizen





