Die sanger Bok van Blerk, oftewel Louis Pepler, en Hanna Grobler, sy akteursvrou, het Woensdag hul seun Louis se lewe 11 jaar ná sy afsterwe met ’n emosionele boodskap op sosiale media herdenk.
Hanna Grobler skryf dat dit steeds voel asof dit gister gebeur het. Sy sê sy wens sy kon haar seun langer vashou, maar vind troos in die geloof dat hulle mekaar eendag weer sal sien.
Bok self het net geskryf; “11 jaar vandag #Louistjie #LouisAndreasDie4de.”
Gedurende Januarie was die egpaar reeds 12 jaar getroud en teen einde Maart reeds 17 jaar saam. Ná die afsterwe van hul eersgeborene is hulle met nog ‘n seun, Samuel, en twee dogters, Yamila en Papillon, geseën.
Intussen is die Hanna Charity and Empowerment Foundation op 4 April internasionaal erken toe dit in Miami as “Community Empowerment Organisation of the Year 2025/2026” aangewys is.







