Bokke bobaas teen Barbarians

Lees ook :

Die Springbokke het die Barbarians Saterdag met 54-7 oorweldig om die Qatar Airways-beker vir die derde keer te wen. Op ‘n sopnat DHL Stadion in Kaapstad was die Bokke hopeloos te sterk en was halftyd reeds 19-0 voor. Hul het altesaam 8 drieë gedruk teenoor die Baabaas se een. Jessie Kriel, wat as Kaptein oorgeneem het by ‘n beseerde Siya Kolisie, het van voor gelei en puik aangeval en verdedig. Soos gewoonlik, het Kaapstad se gunsteling, Cheslin Kolbe, nie teleurgestel nie en kookwater rugby opgelewer.

Puntemakers:

Springbokke 54 (19) – Drieë: Malcolm Marx, Cheslin Kolbe,
Vincent Tshituka (2), Jan-Hendrik Wessels, Kurt-Lee Arendse, Lood de Jager,
Damian De Allende. Doelskoppe: Sacha Feinberg-Mngomezulu (2), Manie
Libbok (5).

Barbarians 7 (0) – Drie: Melvyn Jaminet. Verdoel: Jaminet.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief