Bokkies sluit toernooi onoorwonne af

Lees ook :

Foto: Johan Maree - aXnshots

Suid-Afrika het die o.18 Internasionale Reeks op ‘n hoë noot afgesluit deur Engeland met 39-
14 kaf te draf. Die laaste twee wedstryde van die toernooi het Dinsdag by die Hoër Jongenskool
in die Paarl plaasgevind.

Verlede Maandag het die SA o.18 A-span Georgië by Hoërskool Stellenberg geklop en die
Bokkies het ook Vrydag Ierland oortuigend gewen by Paarl Gimnasium. Dit beteken die Suid-
Afrikaners het die toernooi onoorwonne afgesluit.

Die SA o.18’s het teen Engeland rustyd met 17-7 voorgeloop en op die ou end met vyf drieë,
vier doelskoppe en twee strafdoele geseëvier, terwyl Engeland net twee verdoelde drieë kon
aanteken.

Vusi Moyo (losskakel) het die telbord aan die gang geskop toe hy ‘n langafstand-strafdoel van
die middel van die veld af oorgeklits het en 10 minute later het Suid-Afrika hul eerste drie op die
bord deur die regtervleuel Khuthadzo Rasivhaga gehad. Moyo het oorgeskop om die
voorsprong na 10-0 te neem.

Paar minute later het Engeland egter geantwoord met hul eerste drie deur die skrumskakel
George Newman, en met losskakel James Linegar wat verdoel het, was die telling 10-7.

Die SA o.18’s het egter voortgebou en agsteman Reuben Kruger het vir hul tweede drie
oorgeduik. Moyo was weer in die kol en met rustyd was die telling 17-7.

Aan die begin van die tweede helfte het Moyo weer die telbord wakker gekry deur sy tweede
strafdoel oor die dwarslat te laat seil. Dit het SA gemaklik laat voorloop met 20-7, met nog so
‘n halfuur se spel oor.

Die vlugvoetige Cheswill Jooste het oorgegaan vir SA se derde drie met net meer as 10 minute
oor en die voorsprong tot ‘n stewige 25-7 vergroot.

Engeland het dalk gedink daar is hoop toe nr. 8 en kaptein, Connor Treacey, oorduik om die
telling 25-14 te maak. Die hoop het egter vinnng vervaag, toe Jooste oorgaan vir sy tweede drie.

Die plaasvervanger-skrumskakel Elgernon Meyer het Engeland se doppie finaal geklink toe hy
‘n paar minute later ook agter die doellyn gaan kuier het. Finale telling 39-14.

Puntemakers:

Suid-Afrika 39 (17) – Drieë: Khuthadzo Rasivhaga, Reuben Kruger, Cheswill Jooste (2),
Elgernon Meyer. Doelskoppe: Vusi Moyo (2), Yaqeen Ahmed (2). Strafdoele: Moyo (2).

Engeland 14 (7) – Drieë: George Newman, Connor Treacey. Doelskoppe: James Linegar (2).

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief