Bongi Mbonambi sê Engeland is ‘onprofessioneel’ oor Curry-beskuldiging

Lees ook :

Lees ook: Springbok-trofeebus ry in heining vas

Bongi Mbonambi het Engeland gekritiseer en “onprofessioneel” genoem na hy vrygespreek is van Tom Curry se beskuldigings dat hy ‘n rassistiese opmerking tydens ‘n Wêreldbeker-rugbywedstryd gemaak het.

Wêreldrugby het “nie genoeg bewyse” gevind om Curry se bewering dat Mbonambi hom ’n “white c****” genoem het, te bewys nie.

Mbonambi het gesê die voorval is veroorsaak deur Curry wat nie besef het Mbonambi praat Afrikaans nie, iets wat die span doen sodat die opposisie hulle nie verstaan nie.

Hy het aan BBC gesê: “Dit is hartseer wanneer jy in ’n eerstewêreldland (Engeland) bly en dink die res van die wêreld praat Engels”. Hy het bygevoeg: “Dit was onprofessioneel van hulle. Hulle kon na ’n webtuiste gegaan het vir ’n Engelse woordeboek en die woord in Afrikaans opgesoek het.”

Wêreldrugby het gesê Curry het die beskuldigings in “goeie geloof” gemaak en het gesê daar is geen rede om te dink dit was “aspris vals of kwaadwillig” nie.

Bronne: IOL, Super Sport, SA Rugby Magazine

Lees ook: Springbok-trofeebus ry in heining vas

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief