Boodskap uit Oekraïne vir nasionale vrouedag

Lees ook :

Foto krediet Michele Potgieter Facebook

Michele Potgieter verrig diens vir Light for the world in die dorp Reni, in Oekraïne.

Oorspronklik van Pretoria het sy en haar man, wat intussen oorlede is, hulle vanuit Suid-Afrika in Oekraïne gevestig.

Michele het Suid-Afrikaners van die eerste oomblik wat die inval van Rusland in Februarie in Oekraïne begin het, gereeld met video-opnames op hoogte gehou van wat in die land wat sy nou as haar tuiste beskou, gebeur.

Haar video’s is deurspek met nimmereindige positiwiteit en sy werk deurentyd om kospakkies uit te deel aan vlugteling-inwoners van gebiede wat deur die inval geraak en waarvan die infrastruktuur vernietig is.

Alhoewel hulle ‘n waarskuwing (sien foto) ontvang het vir moontlike lugaanvalle het Michele ‘n spesiale boodskap aan die vrouens van Suid-Afrika op vrouedag in ‘n video-boodskap aangestuur.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief