GAUTENG. – Die borgtogaansoek van Julius Mkhwanazi, Keisha-Leigh Stols, Adrian McKenzie, Bhekokwakhe Sibande, Juan Maree Eksteen en Kobus Jansen van Rensburg, in die moordsaak van die sakeman Emmanuel Mbense, hervat vandag in die Brakpan-landdroshof.
Phaladi Shuping, Opod-woordvoerder, sê die ses beskuldigdes staan tereg op aanklagte van moord, roof en regsverydeling. Volgens die staat is Mbense op 14 April 2022 by sy woning aangerand en vermoor nadat daar glo vermoed is dat hy koper by ‘n pakhuis gesteel het. Ná die beweerde moord is hy glo van sy eiendom en sowat R500 000 kontant beroof, waarna sy liggaam na bewering by die Spaarwaterdam gestort is.
Van die beskuldigdes staan ook in ander afsonderlike sake tereg.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: