SUID-KOREA. – Owerhede in Suid-Korea het gesê die bosbrande in die suide van die land het oornag weer ontvlam. Helikopters is opnuut ingespan om die brande onder bedwang te bring.
Lees ook: Sowat 26 mense dood in Suid-Koreaanse veldbrande
Die dodetal in die brande het nou tot 30 gestyg en sowat 41 mense is beseer.
Sowat 48 000 hektaar is verbrand en 6 885 mense is steeds nie terug by hulle wonings na hulle ontruim is nie.
Bronne: The Star, Yonhap News Agency, The Manila Times
Lees ook: Sowat 26 mense dood in Suid-Koreaanse veldbrande
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].





