SUID-KOREA. – Suid-Koreaanse owerhede het gesê die bosbrande in Suid-Korea het gister (Woensdag) in omvang verdubbel en is die land se “ergste brandramp op rekord”.
Lees ook: Sowat 26 mense dood in Suid-Koreaanse veldbrande
Die brande wat Vrydag begin het, het meer as 35 810 hektaar gebrand en reeds die dood van 27 mense veroorsaak.
Sowat 317 geboue is beskadig of vernietig, insluitend twee Boeddhistiese tempels wat albei ouer is as 1 000 jaar.
Reën is voorspel, maar owerhede het gesê dit sal waarskynlik nie die brande blus nie.
Bronne: The Independent, EWN, BBC





