OOS-KAAP. – Nege persone het op Oujaar, omstreeks 10:30, tydens ‘n ernstige botsing tussen ‘n minibustaxi, ‘n Toyota Avanza en ‘n bakkie, gesterf.
Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê ‘n chaotiese ongelukstoneel met talle beserings en sterftes is aangetref. Sommige beseerdes is per privaat voertuie na nabygeleë hospitale en klinieke geneem. Amulans- en reddingsdienste het ander slagoffers bevry en krities beseerdes ook na hospitale vervoer. Nege persone het aan hul beserings gesterf.
Die oorsaak van die botsing is nog onbekend, maar word deur die polisie ondersoek.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: