Botsing tussen minibustaxi en vragmotor eis 8 lewens

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

MPUMALANGA. – Agt mense het vanoggend gesterf en nog een is kritiek beseer toe ’n minibustaxi en ’n vragmotor gebots het. Die ongeluk het op die N4-tolpad tussen Ngodwana en Waterval-Onder, in die rigting van Waterval-Boven, plaasgevind.

Moeti Mmusi, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling, sê nooddienspersoneel is kort ná die ongeluk na die toneel ontbied. Hy het bygevoeg dat die oorsaak van die ongeluk nog onbekend is en dat ’n volle ondersoek reeds begin het. Verdere besonderhede sal later bekend gemaak word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief