Bouwer Bosch en Lucinda Neethling neem baba aan

Lees ook :

Bouwer Bosch en Lucinda Neethling neem baba aan Foto: Facebook

Die sanger en komediant, Bouwer Bosch, en sy lewensmaat, Lucinda Neethling van die musiekgroep Die Melktert Kommissie, het op Kersdag via sosiale media bekendgemaak dat hulle ’n babadogtertjie aangeneem het.

Hulle is al vir twee en ’n half jaar ’n paartjie. Bouwer het gesê dit is hulle eerste Kersfees saam as ’n gesin.

Aanhangers wag geduldig nadat hy belowe het om binnekort die aannemingsverhaal te deel. Die dogtertjie se naam is glo Liriek Rosa.

Marie-Louise Diedericks van die musiekgroep Klopjag het die volgende kommentaar op die aankondiging gelewer: “Welkom liefste Liriek Rosa! Ek is onbeskryflik bly saam met julle! Wat ’n wonderlike nuwe hoofstuk!”

Bronne: Facebook, Instagram

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief