Brand by Kaapstad Internasionale Lughawe – passasiers veilig, vlugte tydelik opgeskort

Lees ook :

Foto: Suburban Control Centre

WES-KAAP. – Die lughawemaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) het bevestig dat ‘n brand vandag (Dinsdag) aan die kant van internasionale vlugte uitgebreek het, wat intussen geblus is. As voorsorgmaatreël is internasionale vlugte tydelik opgeskort en inkomende internasionale vlugte word herlei. Internasionale vlugte wat reeds geland het, word egter steeds verwerk.

Ofentse Dijoe, Acsa-woordvoerder, sê die brand is intussen geblus en alle passasiers, personeel en besoekers is veilig. Passasiersveiligheid bly volgens die lughawe se bestuur die hoogste prioriteit. Die voorval het sekere netwerk- en IT-dienste geraak, insluitend die lughawe se WiFi en ander noodsaaklike stelsels.

Passasiers wat plaaslik vertrek of aankom, word aangeraai om direk met hul lugrederye of via die Acsa-selfoontoep na die jongste vluginligting te kyk. Passasiers en besoekers word ook versoek om veiligheidsinstruksies te volg en na aangewese veilige areas te beweeg soos deur lughawepersoneel aangedui.

Verdere inligting sal bekend gemaak word sodra dit bevestig is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief