Die nuutste data van die Sentrale Energiefonds dui op ’n daling in die prys van petrol en diesel in April.
Lees ook: Politieke partye wil ooreenkoms oor begroting teen April bereik
Die prys van 98-oktaan petrol kan daal met 95 sent per liter en die prys van 93-oktaan petrol 82 sent per liter.
Die prys van 0.05%-diesel kan met 87 sent per liter daal en die prys van 0.005%-diesel met 93 sent per liter.
Dit is moontlik dat die pryse kan verander voor dit aan die einde van die maand amptelik aangekondig word.
Bronne: Cars, The Citizen, Cape Town ETC
Lees ook: Politieke partye wil ooreenkoms oor begroting teen April bereik





