Brekende Nuus
Nuus

Persoon beseer in ongeluk met brandweerwa

Foto's: ResMed Ems

NOORDWES. – ‘n Persoon het Donderdag matige beserings opgedoen in ’n ongeluk waarby ’n brandweerwa in die Rustenburg-gebied betrokke was.

ResMed Emergency Medical Services het in ‘n sosialemediaplasing gesê die beseerde is op die toneel behandel voor mediese behandeling in ‘n hospitaal voortgesit is. Daar is saam met Netcare 911 op die toneel gewerk. ResMed het die beseerde ’n spoedige en volkome herstel toegewens. Geen verdere besonderhede oor die oorsaak van die ongeluk of die presiese ligging is in die plasing verstrek nie.