Britse man in hegtenis oor ‘troue’ met kind (9) by Disneyland Parys

Lees ook :

Britse man in hegtenis oor ‘troue’ met kind (9) by Disneyland Parys fotokrediet: Canva

PARYS, FRANKRYK. – ’n Britse man (39), ’n pedofiel wat in die VK vir sy misdrywe gesoek word, is in hegtenis geneem en aangekla nadat hy ’n “troue” met ’n Oekraïense meisie (9) by Disneyland Parys gereël het.

Lees ook: Verdagtes in hegtenis nadat mense met spuitnaalde by Franse musiekfees geprik is

Hy is in hegtenis geneem nadat ’n persoon wat hy aangestel het om hom as die meisie se pa voor te doen, die polisie gebel het toe hy besef het die “bruid” is ’n kind wat gegrimeer en aangetrek is om soos ‘n regte bruid te lyk.

Disneyland Parys is vir ure vir die skyntroue uitgehuur. Die meisie se ma (41), ’n Latviese meisie wat voorgegee het sy is die kind se suster, en ’n Latviese man (55) wat ook betrokke sou wees by die “seremonie”, is almal in hegtenis geneem.

’n Aanlyn advertensie is glo deur die verdagtes geplaas om “trougaste” te kry om aan die “troue” deel te neem – 200 volwassenes en 100 kinders tussen 5 en 15 jaar. Die skyntroue sou privaat verfilm word.

Aanklaers het gesê die meisie, wat twee dae voor die voorval in Parys aangekom het, is nie beseer of seksueel aangeraak nie.

Die verdagtes word aangekla van geldwassery, bedrog, oortreding van vertroue en identiteitsdiefstal.

Bronne: BBC, New York Post, Metro

Lees ook: Verdagtes in hegtenis nadat mense met spuitnaalde by Franse musiekfees geprik is

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief