FRANKRYK. – Die polisie in Frankryk het 12 verdagtes in hegtenis geneem ná 145 met spuitnaalde geprik is tydens die Fête de la Musique-musiekfees wat die naweek regoor Frankryk gehou is.
Lees ook: Ongeveer 14 mense dood ná Russiese aanval op Oekraïne
Verskeie mense in Frankryk is Sondag met ’n onbekende middel ingespuit. Die ministerie van binnelandse sake het gesê dit is onduidelik waarmee die mense ingespuit is, maar dat toetse uitgevoer word om die middel te identifiseer en dat die ondersoek voortduur.
’n Paar mense is na ‘n hospitaal geneem wat siek gevoel het ná hulle geprik is.
Bronne: Euronews, CNN, New York Post
Lees ook: Ongeveer 14 mense dood ná Russiese aanval op Oekraïne





