Bruid in trane nadat trougaste pizza bestel het om R280 000 ‘vegan’ ete te vermy

Lees ook :

’n Bruid was hart gebroke toe gaste pizza vir haar vegan troue bestel het.

VSA. – ’n Pasgetroude paartjie se droomtroue is ontwrig toe die bruid se broer, tesame met haar nefies, 20 groot pizzas na hulle troue gebring het. Hulle het die pizzas aan gaste uitgedeel.

Die voorval het plaasgevind nadat die paartjie, wat al drie jaar lank “vegan” is, ’n eksklusiewe spyskaart van R285 000 vir die onthaal saamgestel het sonder om gaste vooraf in te lig dat dit “vegan” sou wees.

Die spyskaart, wat geregte soos sampioen-wellington, truffelrisotto en groentetertjies ingesluit het, is deur die bruid en haar man maande lank saam met ’n sjef beplan. Volgens die bruid was die doel om gaste se vooroordele teenoor veganistiese kos te vermy en die kos bloot te laat geniet.

Die situasie het eskaleer toe die broer aankondig dat daar nou “regte kos” beskikbaar is. Die bruid het later uitgevind dat haar tannie die pizzas gereël het ná klagtes oor die spyskaart. Die moeder van die bruidegom het selfs op sosiale media geskryf dat die troue “gered is deur pizza.”

Die bruidegom het die familielede wat die pizza gereël het, gevra om die troue te verlaat, wat verdere konflik ontketen het. Die paartjie is deur sommige familielede beskuldig van arrogansie en dat hulle hul leefstyl op gaste afdwing.

Aanlyn gebruikers het gemengde reaksies op die voorval gehad. Baie het die familie gekritiseer vir hul optrede en gebrek aan respek, terwyl ander gevra het waarom die paartjie nie vooraf eerlik oor die vegan spyskaart was nie.

Bronne: New York Post, New Zealand Herald, CafeMom

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief