Buurman kry tronkstraf vir verkrag van 5-jarige

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Beskuldigde (31) is Donderdag deur die Groblersdal-streekhof tot 20 jaar tronkstraf vir die verkragting van ‘n meisie (5) gevonnis.

Kol. Malesela Ledwaba sê op 11 Oktober 2022 het die beskuldigde, die buurman van die slagoffer, haar twee keer verkrag. Die meisie het saam met maats in die straat gespeel toe die beskuldigde haar R1 vir lekkergoed gegee het. Toe die meisie terugkeer, het hy haar weer geld gegee, haar na ‘n nabygeleë verlate huis geneem en verkrag. Die meisie se ma is deur een van haar maats geroep en meegedeel die kind is saam met die beskuldigde weg. Sy het hulle gevolg en die beskuldigde op heter daad betrap,wat die ma gesien en die meisie gelos het. Die insident is aan die polisie gerapporteer en ‘n verkragtingsaak is deur sers. Thabitha Letlad van Groblersdal-GKS ondersoek. Die verdagte is opgespoor en in hegtenis geneem.

Hy is 20 jaar tronk toe gestuur en onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit. Sy naam sal in die register vir nasionale seksuele oortreders aangeteken word.

Lt.genl. Thembi Hadebe het die vonnis verwelkom en die ondersoekbeampte vir die vonnisoplegging geprys.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief