Byna 500% meer gestroopte mariene eenhede teruggevind

Lees ook :

Foto's: Stad Kaapstad

WES-KAAP. – Die Stad Kaapstad se wetstoepassingsbeamptes het die afgelope finansiële jaar bykans 15 000 eenhede wat onwettig uit seelewebronne gestroop is, teruggevind. Dit is ’n aansienlike toename teenoor die vorige jaar.

Die mariene-eenheid het die hoeveelheid teruggevinde gestroopte mariene hulpbronne van 2 540 tot 14 967 verhoog, ‘n toename van sowat 489%. Volgens die stad is die verbetering onder meer te danke aan beter samewerking met ander wetstoepassingsagentskappe en ’n verbeterde inligtingsnetwerk. Wetstoepassingsbeamptes het ook 11 359 inhegtenisnemings uitgevoer, 172 vuurwapens en 1 710 rondtes ammunisie teruggevind, asook meer as 38 000 eenhede dwelms. In die 12 maande onder oorsig is 953 onwettige sjebeens gesluit, meer as ’n halfmiljoen boetes uitgereik en meer as ’n kilometer gesteelde koperkabel teruggevind. Beamptes het ook 247 voertuie wat met onwettige storting verbind word, geskut, terwyl 3 061 diere ingevolge oortredings van die wet gekonfiskeer is. Byna 37 000 vierkante meter graffiti is skoongemaak.

Volgens Alderman JP Smith, die burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het die departement meer as 365 000 diensversoeke in die afgelope jaar hanteer, 17% meer as die vorige jaar. Smith sê die statistieke toon die impak van ’n groter fokus op wetstoepassing, misdaadvoorkoming en die afdwing van munisipale verordeninge.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief