Chery betree die mark vir ‘smart robots’

Lees ook :

Chery betree die mark vir 'smart robots'
Chery betree die mark vir 'smart robots' fotokrediet: Chery

*ADVERTENSIE

Chery het by die maatskappy se CEO-konferensie aangekondig dit betree nou die mark vir “smart robots“.

Die maatskappy gaan saam met Aimoga werk om ‘n nuwe robotmodel te maak wat deur KI beheer word. Chery se nuwe robot se naam is Mornine en het ‘n biometriese ontwerp wat die vorm en beweging van mense namaak.

Mornine sal ‘n gesig hê wat van silikoon gemaak is wat kan beweeg soos ‘n mens se gesig. Die robot sal ook vrae kan antwoord, reageer op instruksies en mense help.

Chery het gesê Mornine is ‘n nuwe modelreeks wat aan die behoeftes van ‘n nuwe reeks kliënte sal kan voldoen. Mornine kan as ‘n gids, ‘n verkoopspersoon en ‘n ontvangspersoon werk.

Chery het gesê Mornine se vermoëns sal in drie fases ontwikkel word. In die eerste fase sal Mornine leer om kliënte se vrae te beantwoord en inligting te voorsien. Mornine sal sodoende leer om met mense te werk.

Tydens die tweede fase sal Mornine meer gevorderde vaardighede soos visuele herkenning en outonome navigasie kan gebruik, soos om met kliënte rond te loop om hulle te help, die arms gebruik vir demonstrasies en ander operasies en kliënte met sekere take help.

Mornine sal tydens die derde en laaste fase gebruik wat dit geleer het om ‘n assistent vir mense te wees. Die plan is dat Mornine na kinders kan kyk, ouer mense kan help en kook en skoonmaak vir sy eienaar.

*ADVERTENSIE

Lees ook: Ervaar die beste van die lewe met die Chery Tiggo 7 Pro Max

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief