China-grondverskuiwing saai verwoesting

Lees ook :

Grondverskuiwing in China saai verwoesting. Bron: AFP

YUNNAN, CHINA. – Altesaam 47 mense het Maandagoggend onder rotse en grond toegeval na ’n grondverskuiwing in die bergdorpie Liangshui in die suidweste van China.

Na bewering het die grondverskuiwing kort voor dagbreek plaasgevind terwyl die meeste mense nog geslaap het. Sedertdien is agt slagoffers se liggame ontdek terwyl 39 nog vermis word.

CCTV het berig 18 huise is onder die rommel begrawe en meer as 500 inwoners moes dringend ontruim word. Die ontruiming het te midde van bibberweer van -4 grade Celsius en hewige sneeu plaasgevind.

Grondverskuiwings is algemeen in die landelike area aan die steil hange van die Himalaja-plato in die Yunnan-provinsie. ’n Groot aantal reddingswerkers is ontplooi om na oorlewendes te soek. Volgens omstanders bly redelik baie bejaardes en kinders in Liangshui.

Geen amptelike verklaring rakende die oorsaak van die grondverskuiwing is al uitgereik nie. Daar was egter Sondagnag erge sneeuneerslae in die gebied. Reddingspogings duur voort.

Bronne: CNN, BBC, ENCA

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief