Chinese burger vir beweerde bedrog van R120 m. aan China uitgelewer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – Fujia Chen (63), ‘n Chinese burger, is deur die polisie in samewerking met Interpol aan ’n Chinese afvaardiging oorhandig. Hy is tans op pad terug na China waar hy tereg sal staan op aanklagte van bedrog.

Luidens ‘n verklaring van nasionale polisiewoordvoerder, brig. Athlenda Mathe, word Chen daarvan beskuldig dat hy die Chinese regering na bewering met sowat R120 miljoen bedrieg het deur ’n ongeregistreerde buitelandse valutawisselbesigheid te bedryf. Volgens owerhede het hy in 2021 na Suid-Afrika gevlug nadat sy vermeende medepligtiges in China in hegtenis geneem is. Hy het glo sedertdien in Suid-Afrika geskuil totdat hy probeer het om vir ’n Amerikaanse visum aansoek te doen. Hy is daarna in hegtenis geneem en was die afgelope ses maande in aanhouding. ’n Uitleweringsbevel is op 20 Januarie toegestaan.

Lt.genl. Khosi Senthumule het tydens ’n vergadering met die Chinese afvaardiging ook terugvoer gegee oor die vordering met die opsporing van 18 ander Chinese voortvlugtiges wat glo in Suid-Afrika skuil. Volgens die polisie is 11 van hulle reeds op Interpol se rooi kennisgewing geplaas.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief