City Power waarsku Eskom oor stygende tariewe

Lees ook :

City Power waarsku Eskom oor stygende tariewe
City Power waarsku Eskom oor stygende tariewe fotokrediet: Canva

Lees ook: Danny Jordaan, twee medebeskuldigdes vandag in hof

JOHANNESBURG. – City Power in Johannesburg het aan die energiereguleerder, Nersa, voorgestel dat Eskom se aansoek om oor die volgende drie jaar tariewe op te stoot, tot 11% beperk word.

Volgens City Power sal enigiets hoër maatskaplike onrus veroorsaak. Eskom het aansoek gedoen vir massiewe verhogings wat tariewe tot 66% kan verhoog.

Dit wil tariewe in 2025 opstoot met 36.15%, met 11.91% in 2026 en 9.1% in 2027.

City Power het gesê die tariewe wat Eskom wil instel, is “oormatig hoog” en dat dit armoede, werkloosheid en maatskaplike onrus gaan vererger.

Bronne: BusinessTech, iAfrica, EWN

Lees ook: Danny Jordaan, twee medebeskuldigdes vandag in hof

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief