Lees ook: Israel sê agt gyselaars wat in eerste fase van skietstilstand vrygelaat moes word, is dood
EUROPA. – Coca-Cola het verskeie van hulle koeldranke herroep in Europese lande oor dit “hoër vlakke van ‘n chemikalie genaamd chloraat bevat”.
Coke, Fanta, Sprite, Tropica en Minute Maid is in België, Luxembourg en Nederland herroep. Van die koeldrank is reeds in die VK uitverkoop, maar hulle is van die probleem in kennis gestel.
Chloraat word gevorm wanneer suiweringsmiddels met chlorin gebruik word om water en kos te behandel.
Blootstelling aan hoë vlakke chloraat kan lei tot verskeie gesondheidsprobleme en kan die bloed se vermoë om suurstof te absorbeer, verminder.
Bronne: BBC, The Sun, The Independent
Lees ook: Israel sê agt gyselaars wat in eerste fase van skietstilstand vrygelaat moes word, is dood





