Comrades van die baan vir geliefde atleet ná kankerdiagnose

Lees ook :

Foto: BackaBuddy

GAUTENG. – Liza Groenewald, ‘n geliefde atleet van Pretoria se langafstandhardloopgemeenskap, moes haar deelname aan die Comrades-marathon kanselleer nadat sy met aggressiewe kanker gediagnoseer is. Twee operasies, insluitend ‘n breinoperasie vroeër vanjaar, het haar aan die linkerkant verlam gelaat en sy het intensiewe rehabilitasie nodig.

Zelna Black vertel op ‘n skarebefondsingsprofiel wat vir Liza geregistreer is, sy het vir lank ander hardlopers by wedlope ondersteun en aangemoedig. Sy het in November 2025 vir die Comrades-marathon gekwalifiseer, maar moes dit noodgedwonge van die baan skuif. Nou ondersteun die gemeenskap haar terwyl sy herstel. Met die skarebefondsingsprofiel is daar binne dae meer as R20 000 van die beoogde R150 000 ingesamel, wat vir fisioterapie, arbeidsterapie, huisversorging en noodsaaklike herstelhulp nodig is.

“Liza het dekades lank ander by die begin- en eindstreep ondersteun. Nou vra ons die gemeenskap om langs haar te staan en haar te help herstel,” sê Black.

Run/Walk for Life Waverley sê in ‘n sosialemediaplasing Liza is deur ‘n groep atlete besoek en sy toon krag en veerkragtigheid. “Haar uitstekende fiksheidsvlak en positiewe ingesteldheid maak haar ’n inspirasie vir almal.”

Druk hier om meer op BackaBuddy te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief