Lees ook: Voetganger raakgery wat Comrades-deelnemers aanmoedig
Die Comrades-vereniging (CMA), organiseerder van die Comrades-marathon, is besig om bewerings van oneerlikheid te ondersoek.
Inligting van vermeende kullery is van mense wat na die Comrades gekyk het, asook deelnemers, ontvang.
Volgens die Comrades-vereniging gaan hulle geen bedrieëry duld nie en is besig om die bewerings te ondersoek.
Inligting oor atlete en klubs wat glo vals kwalifiserende inligting ingedien het, word ook ondersoek. Die uitslae van die ondersoek sal oor die volgende paar dae bekend gemaak word.
Bronne: IOL, Algoa FM, SA People
Lees ook: Voetganger raakgery wat Comrades-deelnemers aanmoedig





