Curriebeker skop binnekort af

Die verwagting is dat vanjaar se Premierliga Curriebeker-kompetisie aan die einde van die maand gaan afskop. Die ses toetsunies, Tagellager Griekwas en die Pumas, sal in ‘n dubbel rondte teen mekaar sake uitspook. Die kenners voorspel dat ondanks die ontwrigting weens die Covid-19-pandemie vanjaar se kompetisie uiters mededingend gaan...

Die verwagting is dat vanjaar se Premierliga Curriebeker-kompetisie aan die einde van die maand gaan afskop.


Die ses toetsunies, Tagellager Griekwas en die Pumas, sal in ‘n dubbel rondte teen mekaar sake uitspook.


Die kenners voorspel dat ondanks die ontwrigting weens die Covid-19-pandemie vanjaar se kompetisie uiters mededingend gaan wees.
Alle spanne sal op vol sterkte wees en daar sal geen ander kompetisie op dieselfde tyd plaas vind nie.


SA rugby het reeds hul voorlegging ingevolge die Covid-19-bepaling aan die regering gedoen. Daar word verwag dat die regering eersdaags die goedkeuring sal gee.


Die bepalings en voorwaardes sal dan bekend gemaak word. Die wedstryde sal tot aan einde van November aangebied word.

Waarskynlik sal wedstryd sonder toeskouers plaasvind. Ondersteuners sal egter nie uitmis nie, alle wedstryde sal televisiedekking geniet.


Griekwas se gekontrakteerde spelers het reeds verlede maand aangemeld om vir die nuwe seisoen voor te berei. Die onder 20-liga sal hopelik ook nog aangebied word. Klubrugby en ander ligas is egter afgestel vir die jaar.

  • Henry Hopley

AfriForum sal help met eerste dagvaardiging vir uitstaande e-tolgelde

Vrou sterf tydens tref-en-trap

Buurman skuldig nadat buurmeisie (13) geboorte skenk

Paar vir versekeringsbedrog en geldwassery gevonnis terwyl een in tronk is

Lotto uitslae vir 13 April 2024

ACSA sê oor brandstoftekort op lughawens

KYK: Water uit ‘n toilet as ‘gesuiwerde water’ verkoop

As dit nie jy kan wees, soek ek niemand anders nie…

Een sterf en een kritiek toe voertuig tydens ongeluk rol