DA beywer vir veiliger ruimtes na wrede Brandvlei-moord

Lees ook :

DA beywer vir veiliger ruimtes te midde van wrede Brandvlei-moord
DA beywer vir veiliger ruimtes te midde van wrede Brandvlei-moord fotokrediet: Verskaf

*PERSVERKLARING

Die Demokratiese Alliansie (DA) plaas druk op die Hantam-munisipaliteit om dringend die stukkende Brandvlei-gebou, waarin die naakte liggaam van die 18-jarige Hesty-Ann Green op 31 Desember 2023 onder bourommel gevind is, te sloop.

Die DA veroordeel die wrede moord wat 2024 onder wrede omstandighede vir Hesty-Ann se familie, vriende en die groter Hantam-gemeenskap ingelui het. Dit is onregverdigbaar dat wat bedoel was om ‘n prettige aand uit by ‘n Oujaarsdans te wees, in die dood geëindig het.

Die DA het met die Green-familie vergader om ons medelye en ondersteuning te betoon. Ons was ook teenwoordig by die Calvinia-landdroshof, insluitend vandag se borgtogverhoor van die verdagte, uit protes teen die voortslepende plaag van geslagsgebaseerde geweld in die Noord-Kaap.

Gizella Opperman, LP DA Noord-Kaap Kiesafdelingshoof vir Hantam-Karoo Hoogland, het gesê: “Hesty-Ann se moord herinner ons aan die 2022-moord op ‘n 31-jarige vrou wie se naakte en verwoeste liggaam weggegooi is in ‘n vlak graf, bedek met rotse, aan die buitewyke van Calvinia. Hierdie moorde is nie toevallig nie. Die jongste misdaadstatistieke toon dat die Noord-Kaap ‘n toename van 7,4% in kontakmisdade ervaar het, insluitend seksuele misdrywe. Die provinsie het verder ‘n toename van 9,7% in verkragting gehad. Dit gee ons die derde hoogste koers van verkragting tot bevolking in die land.”

“Misdaad is toenemend buite beheer. Dit is ‘n manifestasie van die ineenstorting van die polisiediens onder die politieke leierskap van Bheki Cele, minister van polisie. Terwyl veiligheid nie onder Cele herstel sal word nie, kan ons nie terugsit en wag vir misdaad, en die bose aftakelende kringloop van wetteloosheid, om nóg meer slagoffers te eis nie.”

“Die DA sal verdere druk op die munisipaliteit, in samewerking met wetstoepassing, uitoefen om veiliger ruimtes te skep. Ons sal ook volgende week ’n formele versoek indien vir die afbreek van die ou kleuterskool-gebou waar Hesty-Ann se lyk gevind is, sodra dit nie meer ‘n aktiewe misdaadtoneel is nie. Dit moet nie maklik wees vir oortreders om gruwelike misdade te pleeg nie.”

“Die DA sal voortgaan om die hofsaak te monitor deur ons hofmoniteringseenheid.”

*PERSVERKLARING

*HIERDIE PERSVERKLARING IS BETAAL DEUR DIE GENOEMDE PARTY

Lees ook:Hesty-Ann Green: Poging tot verkragting by klagstaat gevoeg

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief