DA eis duidelikheid oor SA se brandstofreserwes

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

Die Demokratiese Alliansie het ‘n beroep op Gwede Mantashe, die minister van minerale en petroleumhulpbronne, gedoen om die stand van Suid-Afrika se brandstofreserwes bekend te maak. Volgens wetgewing moet Suid-Afrika te alle tye genoeg brandstof hê om vir minstens twee maande se vervoerbehoeftes te voorsien.

James Lorimer, DA-woordvoerder oor minerale en petroleumhulpbronne, sê in ‘n verklaring hoewel Mantashe onlangs die publiek probeer gerusstel het oor moontlike tekorte weens spanning in die Persiese Golf, het hy nie bevestig of die land se reserwes aan die wetlike vereistes voldoen nie. Die DA meen die minister se stilte oor die presiese vlak van brandstofreserwes wek kommer – dat dié vereiste moontlik nie nagekom word nie.

Die party sê die publiek en besighede het die reg om betyds ingelig te word oor enige moontlike risiko’s, sodat hulle kan voorberei indien daar ’n kans op ‘n tekort aan brandstofreserwes is. Indien die vereiste reserwes nie beskikbaar is nie, dring die DA aan op ’n dringende plan om die tekort aan te vul en volhoubaar te bestuur.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief