DA veroordeel ook boeliegedrag teenoor leerders van Hoërskool Vishoek

Lees ook :

Fotokrediet Google Maps

Die DA het hul stem gevoeg by dié van die VF Plus nadat leerders van Hoërskool Vishoek glo geboelie is om ‘n gedwonge diversiteitskursus by te woon wat hulle getraumatiseer het.

“Die DA verwerp onomwonde die boeliegedrag wat na bewering onlangs by die Hoërskool Vishoek plaasgevind het – in die naam van sogenaamde diversiteitsopleiding.”

Vervolgens het die Wes-Kaapse regering die kursus by die skool opgeskort.

Sielkundige hulp wat vir die leerders ingeroep is, is glo gegee deur dieselfde persone wat deel was van die kursus.

Leerlinge is verbied om hul selfone te gebruik om opnames te maak waarna ‘n leerling onder die voorwendsel om badkamer toe te gaan hulp gaan soek het by ‘n onderwyser. Die onderwyser is glo nie toegelaat om die kursuslokaal binne te gaan nie.

Die volledige verklaring deur die DA kan hier gelees word:

Die Demokratiese Alliansie (DA) verwerp onomwonde die boeliegedrag wat na bewering onlangs by Hoërskool Vishoek plaasgevind het – in die naam van sogenaamde diversiteitsopleiding.

Om enigiemand te demoniseer op grond van hul velkleur is verwerplik in ‘n grondwetlike demokrasie soos ons s’n. Des te meer as die slagoffers van hierdie boeliegedrag skoolkinders is.

Ons verwelkom die besluit van die Wes-Kaapse regering om hierdie tipe kursusse onmiddellik op te skort. Hierdie is nie die manier om mense aan te moedig om met deernis en begrip om te gaan in ‘n diverse omgewing nie.

Dit is ook heeltemal onaanvaarbaar dat onderwysers uitgesluit is van die verpligte “diversiteitskursus” waar leerders na bewering getraumatiseer is, en dat leerders verbied is om die lokaal te verlaat of besware te opper.

Die nasionale leierskap van die DA gaan met die politieke leierskap van die Wes-Kaap praat om seker te maak dat die individue wat verantwoordelik is vir hierdie gebeure aan die pen ry. Geen leerder in enige deel van die land moet onderwerp word aan die boeliegedrag wat hier beweer word nie.

https://www.da.org.za/2022/11/da-veroordeel-afknouery-van-leerders-by-hoerskool-vishoek

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief