DA vra optrede ná brandstigting by kragbokse in Kimberley

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

NOORD-KAAP. – Die DA het die polisie gevra om dringend op te tree ná ’n toename in brandstigting by munisipale kragbokse in Kimberley.

Volgens Lisa Schikerling, provinsiale voorsitter, het die voorvalle in gebiede soos Diamant Park, Herlear, die SSK en Monument Heights dele van die stad sonder elektrisiteit gelaat en groot ontwrigting vir inwoners en sakepersele veroorsaak. Sy sê die aanvalle raak nie net infrastruktuur nie, maar ook mense se veiligheid en daaglikse lewens, met ‘n verhoogde misdaadrisiko tydens kragonderbrekings.

Die DA vra dat die polisie alle sake moet ondersoek, oortreders opspoor en streng vervolg, terwyl polisiesigbaarheid in die gebied verhoog moet word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief