Dagga van meer as R2 m. onderskep

Lees ook :

Foto's: SAPD

MPUMALANGA. – Dagga ter waarde van miljoene rand is deur die polisie en ander wetstoepassingsowerhede in Hazyview en Chrissiesmeer onderskep.

Brig. Donald Mdhluli sê Chrissiesmeer-misdaadvoorkomingseenheid, in samewerking met plaaslike veiligheidslede en misdaadvoorkomingswagte het Woensdag omstreeks 03:45 stop-en-deursoekingsoperasies op die R33-pad tussen Warburton en Carolina gedoen.

‘n Bestuurder (33), vanaf die Koninkryk van Eswatini, in ‘n verdagte Toyota Hilux-bakkie met ‘n Gauteng-registrasieplaat, is gedwing om stil te hou. Met die deursoeking van die bakkie is 64 klein pakkies dagga en 24 groot plastiekverpakte pakke dagga ontdek wat agter in die bakkie versteek is. Die dagga weeg altesaam 381 kg en het ‘n geskatte waarde van R800 000. Die man is van handel in dagga aangekla.

In ‘n afsonderlike operasie, omstreeks 09:30, het Witrivier-K9-lede inligting van ’n wit Toyota Hilux-bakkie met Mpumalanga-registrasienommerplate wat glo ’n groot hoeveelheid dagga op die R40-pad tussen Witrivier en Hazyview vervoer, gekry. Die inligting is met POLSEC-lede van Spesplan Sekuriteit gedeel. Die bakkie is opgemerk en tot stilstand gebring. Tydens deursoeking is 16 groot sakke dagga in die voertuig gevind en die verdagtes is in hegtenis geneem. Die dagga het ongeveer 320 kg geweeg en het ‘n geskatte straatwaarde van ongeveer R1.3 miljoen.

Al die verdagtes is onderskeidelik aangekla en die sakke dagga asook die voertuie is as deel van die polisieondersoek gekonfiskeer.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief