Dak by Majorka Internasionale Lughawe stort ineen

Lees ook :

Dak by Majorka Internasionale Lughawe stort ineen fotokrediet: X

MAJORKA.  – ‘n Deel van die dak by die Son Sant Joan Internasionale Lughawe in Majorka het gister ineengestort.

Lees ook: Bekende skrywer C Johan Bakkes oorlede

Glas en rommel het in die aankomsgebied van die lughawe neergestort. Werkers by die lughawe het gesê niemand is in die voorval beseer nie.

’n Ondersoek is onderweg om die oorsaak van die ineenstorting te bepaal.

Daar is tans vernuwings aan die gang by die lughawe. In Januarie het ’n paneel grond toe gestort – dit en stormweer het veroorsaak dat passasiers en werkers gesukkel het om asem te haal oor stof wat by die lughawe ingewaai het.

Bronne: Daily Mail, Mirror, Metro

Lees ook: Bekende skrywer C Johan Bakkes oorlede

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief