Die bekende skrywer C Johan Bakkes is gisteraand in die ouderdom van 69 in die Paarl oorlede.
Lees ook: Waarskuwing vir erge kouefront uitgereik
Luidens die Vriende van NALN Facebook-blad is hy oorlede ná ’n lang stryd met kanker.
Van sy bekendste boeke sluit in: Moer toe die vreemde in (2001), Nou’s ons in ons donner in (2006), Norrevǿk (2008), Samoe(r)sa reis (2010), Oepse Daisy (2011) en Openbaring: ‘n Reisjoernaal (2016). Bakkes was ‘n gebore storieverteller wat sy lesers na al die wonderlike plekke wat hy self besoek het, meegevoer het.
Skrywersbloed loop in die Bakkes-familie se are. Sy ma was die bekende skrywer Margaret Bakkes en sy een broer, Christiaan, skryf ook.
Bronne: Vriende van NALN Facebook, Wikipedia
Lees ook: Waarskuwing vir erge kouefront uitgereik





