Brekende Nuus

Dans Oppi Platteland – is jy gereed om te ‘sokkie’?

Nuusflits.com is trots om aan te kondig dat ons die mediaborg is van die opwindende Dans Oppi Platteland! Is julle gereed vir die grootste dans in Suid-Afrika? Berei julleself voor vir ‘n onvergeetlike aand vol musiek, dans en plesier.

Die heel eerste Dans Oppi Platteland, met 12 fantastiese kunstenaars wat jou gaan laat dans tot die vroeë oggendure, word op 11 Januarie, 2025, by die BKB-stoor in Bredasdorp aangebied. Dié dans word deur DirkieG Produksies en Afrikaans Oppi Platteland aangebied.

Kaartjies sal beskikbaar wees vanaf Woensdag, 26 Junie om 10:00 by www.kaarkies.co.za. Maak seker jy kry jou kaartjies vinnig, want daar is slegs 3500 beskikbaar en die aanvraag is reeds groot!

Die BKB Stoor in Bredasdorp Park is een van die grootste stoorruimtes in die Wes-Kaap. Dit bied ‘n VIP-dansbaan, sowel as ‘n algemene dansbaan van meer as 1000 vierkante meter! Die stoor se deure en kroeg sal om 14:00 oopmaak, met die dansbaan wat om 18:00 open. Kunstenaars sal optree vanaf 18:00 tot middernag (en moontlik later).

Die kunstenaars word vandag bekend gemaak, maar die volgorde van die optredes sal ‘n geheim bly tot op die aand. Die MC’s sal elke 40 minute ‘n “countdown” doen en die volgende kunstenaar aankondig wat op die groot skerms vertoon sal word. Jy sal nooit weet wie volgende optree nie, so bly tot ten minste middernag as jy al die kunstenaars wil sien!

Daar sal ook ‘n DJ wees wat tussen-in die kunstenaars optree om lekker partytjie musiek vir al die losdansers te speel. Dit gee die vasdansers die kans om ‘n blaaskans te neem voordat die volgende kunstenaar optree.

Kaartjiebesonderhede:

  • Algemene Toegang: Daar is slegs 3500 kaartjies beskikbaar, so maak seker jy kry joune vinnig @ R295 per persoon.
  • Very Early Bird (slegs vir 30 minute beskikbaar) begin op R250 per persoon.
  • VIP Kaartjies: Slegs 250 VIP kaartjies beskikbaar, met toegang tot ‘n privaat sitarea, kroeg, toilette en ‘n Golden Circle dansbaan reg voor die verhoog @ R995 per persoon.

Geriewe:

  • Groot kroeg aangebied deur Kroeg Events
  • Verskeie kosstalletjies
  • Genoeg sitplek vir almal
  • Kampplek en moontlike “glamping” opsies sal bekend gemaak word.

Maak seker om jou vriende en familie in te lig en jou Whatsapp-groepe te begin organiseer sodat niemand hierdie unieke geleentheid misloop nie. Tag jou gunsteling danspartner in die kommentaar en maak gereed om te sokkie soos nog nooit tevore nie!

Nuusflits.com kan nie wag om saam met jou te dans en hierdie ongelooflike ervaring te deel nie. Sien jou daar! Vir meer inligting, gaan na Afrikaans Oppi Platteland.