DBV-lede ontslaan na hulle gans se nek op video afsny

Lees ook :

Video wat wys hoe ‘SPCA’ gans met voorwerp doodmaak, laat mense woedend
Video wat wys hoe ‘SPCA’ gans met voorwerp doodmaak, laat mense woedend Foto: Skermgreep

OOS-LONDEN. – Drie geskorste personeellede van die Oos-Londen DBV is ontslaan. Hulle het verlede maand in ‘n video verskyn waarin ‘n gans se nek met ‘n voorwerp afgesny word.

Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings (NDBV) het ‘n klag teen die voormalige personeellede gelê. Na ‘n tugverhoor is al drie werknemers aan dieremishandeling skuldig bevind en met onmiddellike effek ontslaan.

Video van mense in DBV-uniforms versprei op sosiale media

FiNDiT het verlede maand berig oor ‘n video van mense wat die Oos-Londense DBV-uniforms aan het. In die video, wat oral op sosiale media geplaas is, sny hulle ‘n gans se nek met ‘n voorwerp af terwyl die gans vasgedruk word.

“Die Oos-Londen DBV word tans bestuur deur die NDBV, met behulp van die NDBV se hulpbronne, as ‘n tussentydse oplossing totdat ‘n nuwe komitee saamgestel word. Ons bedank die publiek vir hul ondersteuning en geloof in die NDBV om te doen wat reg is en in die beste belang van diere in ons land,” sê die NDBV in ‘n verklaring.

LEES OOK: KYK: Man in uniform slaan motorbestuurder deur die gesig

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief