De Aar-man kry 30 jaar tronkstraf vir moord op sy kind

Lees ook :

Foto: SAPD

NOORD-KAAP. – ’n 25-jarige man van De Aar is Dinsdag tot 30 jaar direkte tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die moord op sy elf maande oue baba.

Lt.kol. Thabo Litabe, polisiewoordvoerder, sê die polisie is Saterdag 30 November 2024 omstreeks 19:30 na ’n huis in De Aar ontbied ná rapportering ontvang is van ’n aanranding waartydens die verdagte glo sy vriendin en die baba aangerand het. Met aankoms op die toneel was die baba reeds per ambulans hospitaal toe geneem, maar is kort daarna dood verklaar.

Die verdagte is op die toneel in hegtenis geneem en het sedertdien in aanhouding gebly tot sy verskyning in die Phillipstown-streekhof, waar hy skuldig bevind en gevonnis is. Benewens die tronkstraf het die hof ook beveel dat hy onbevoeg is om ’n vuurwapen te besit.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief