Deelnemers van JANStyl 2025 van Jan van Riebeeck Hoërskool, bekendgemaak

Lees ook :

KAAPSTAD. – Die wag is verby! Hoërskool Jan van Riebeeck het vanjaar se 24 deelnemers aan die glansaand JANStyl 2025 amptelik bekendgestel.

Die groep bestaan uit 16 meisies en 8 seuns, almal graad 11-leerlinge wat in verskeie afdelings soos ontwerp, modellering, fotografie en openbare spreekkuns gaan meeding. Vir die eerste keer sal twee van die skool se eie leerlinge, Monique de Beer en Logan Hoogbaard, as seremoniemeesters optree – nog ’n unieke hoogtepunt.

Die tema, “Skaakmat!”, beloof groot kontras, dramatiese eenvoud en kreatiewe uitdrukkings van persoonlikheid. Elke deelnemer sal ook ’n selfontwerpte hoed dra wat uit herwonne materiaal gemaak is, met leiding van die bekroonde Lara Klawikowski en Crystal Birch.

Met meer as 30 borge, pryse vir kategorieë soos persoonlikheid en mees fotogeniese deelnemer én ‘n spesiale prys vir die bes-geklede toeskouer, beloof JANStyl om ’n hoogtepunt op die skool se kalender te wees.

Wanneer: Donderdag, 2 Oktober 2025
Waar: Hoërskool Jan van Riebeeck, Kloofstraat, Kaapstad
Tyd: 19:00 – 22:00 (etes vanaf 17:30)

Lees meer hier: Skaakmat! JANStyl 2025 beloof ’n aand van glans en styl

Kaartjies is beskikbaar via die Karri-toep en ook by die deur.

JANStyl 2025 is nie net ’n aand van glans en mode nie, maar ’n geleentheid om die talent, kreatiwiteit en gemeenskapsgees van die skool se jong mense te vier.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief