Lees ook: Johannesburg-inwoner wen Powerball Plus-boerpot
Die Inligtingsreguleerder het die departement van basiese onderwys verhoed om die matriekuitslae op mediaplatforms, soos koerante, bekend te maak.
Die reguleerder het gister in ’n verklaring gesê die departement oortree die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting (POPI-wet) as leerlinge se uitslae op openbare platforms bekendgemaak word. Volgens die reguleerder oortree die departement die wet deur leerlinge se inligting sonder toestemming van die leerlinge en hul ouers bekend te maak.
Die reguleerder het ook gesê daar is geen wettige rede vir die departement om aan te hou met die publikasie van matriekuitslae in koerante nie, die uitslae moet aan die leerlinge direk gegee word sodat hulle privaatheid beskerm word.
As die departement die uitslae op openbare platforms wil plaas, moet toestemming by die leerlinge se ouers gekry word as die leerling jonger as 18 is en by die leerlinge self as hulle 18 en ouer is.
Bronne: TechCentral, SABC, Briefly