WENE. – Oostenrykse polisie het Vrydag ‘n derde verdagte van die Islamitiese Staat gearresteer in verband met ‘n plot om ‘n selfmoordaanval by Taylor Swift se Wene-konsert uit te voer. Die drie Wene-konserte van Swift se “Eras”-toer is gekanselleer nadat die polisie Woensdag twee verdagtes, 19 en 17 jaar oud, gearresteer het.
‘n 19-jarige Oostenryker, van Noord-Masedoniese afkoms, het erken hy het beplan om ‘n aanval met plofstowwe en messe uit te voer. Die tweede verdagte, ‘n 17-jarige van Turkse en Kroatiese afkoms, is onlangs in diens geneem deur ‘n maatskappy wat dienste by die Ernst Happel-stadion sou lewer.
Die derde verdagte, ‘n 18-jarige Irakees, wat na bewering aan die Islamitiese Staat verbind is, is Donderdag in Wene in hegtenis geneem. Volgens die Oostenrykse kanselier, Karl Nehammer, was daar “konkrete planne” vir ‘n “bloedbad.” Swift het nog nie kommentaar gelewer oor die kansellasie van die konserte nie, maar was na berig word “heeltemal geskok” oor die situasie.