Die liefde oorwin alles

Lees ook :

Die liefde oorwin alles

Elaine vlug weg van haar verloofde, Alex, sonder enige verduideliking. Haar geheim bly haar eie, want sy glo as Alex ooit moet uitvind, sal dit sy lewe ruïneer, en daarvoor het sy hom té lief. Sy het geen keuse as om Ben van Staden, die rykmanseun van Bloemfontein, se aanbod te aanvaar nie … Die jare wat volg, is verwonde jare gevul met vrees en verwyt. Elaine verloor haar geloof in ’n liefdevolle God en dit is net haar ongesonde verhouding met wyn wat haar help om soms van al die seer in haar binneste te vergeet. Maar haar liefde vir Alex bly ’n brandende vuur wat nie geblus kan word nie.

Skielik, ná soveel jaar, staan Alex weer voor haar en begin sy weer glo dat God dalk alles tog ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet. Maar, sal Alex haar ooit kan vergewe vir die onreg wat sy hom aangedoen het?

Kliek hier vir meer inligting: Die jare tussen ons – Jozine Botha

*ADVERTENSIE

Lees ook: Los raaisels op saam met Nicci de Wee in ‘Knal’ deur Bettina Wyngaard

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief