Dierewelsyn waarsku oor bobbejaan in Plumstead-area

Lees ook :

Bobbejaan
Foto: Facebook

KAAPSTAD. – Die Dierewelsynsorganisasie van SA het die publiek Sondagmiddag gewaarsku oor ‘n alleenloper-bobbejaan wat in die Plumstead-omgewing gesien is. Inwoners van die area word afgeraai om die bobbejaan te nader.

Hulle het ook gevra dat die publiek nie die dier moet voer nie en om enige troeteldiere binnenshuis te hou totdat daar verdere nuus is. Tot dusver is daar geen opgedateerde inligting oor waar die bobbejaan hom bevind nie. ‘n Span van Natuurbewaring (NCC) is ook op bystand om hulp te verleen indien nodig.

Skakel die Bobbejaan-hulplyn indien jy die bobbejaan gewaar:  071 588 6540

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief