Die woordvoerder vir die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco), Chrispin Phiri, het ’n ope brief aan die joernalis, Paula Slier geskryf. Dit volg ná Slier op 11 Julie 2025 vir die webwerf Times of Israel in haar blog geskryf het oor Justin Lewis, konsultant van Brittanje, se bewerings dat Suid-Afrika geweet het van Hamas se aanval op Israel voor 7 Oktober 2023. Lewis het ook beweer Dirco het die aanval aangemoedig en opgetree as Hamas se agent vir toegang tot die internasionale geregshof.
Lees ook: WGO veroordeel Israeliese aanvalle op WGO-werkers en vernietiging van pakhuis
Phiri het in sy brief geskryf dat hy teleurgesteld was met Slier se blog waarin sy die bewerings deel, twee dae later sê dit is ’n “poging om steun te werf op onbevestigde beskuldigings gebaseer” en dan eerder as om die skade te herstel, aangaan met die storie sonder om die gebrek aan bewyse in ag te neem.
In die brief skryf Phiri dat ’n vinnige Google-soektog sou bewys het dat Lewis onwaar propaganda versprei en dat Slier die integriteit van die Suid-Afrikaanse media onder verdenking plaas met haar herhaling van sy bewerings.
Bronne: DIRCO
Lees ook: WGO veroordeel Israeliese aanvalle op WGO-werkers en vernietiging van pakhuis





